Tuesday 18 September 2012

Rerig!! Ek het jou lief!




LIEFDE.... Liefde is die begin en die einde van alles.... Dit maak mens se hart vol, en dit wat die hart van vol is loop die mond van oor.

Die dryfkrag agter my geluk is die man van my lewe!! Hy staan agter my, beskerm my, hou my vas en is plain weg net lief vir my!!

Daardie een persoon wat mens elke detail van jou lewe mee kan deel, sonder judgement. Jou beste vriend, jou sielkundige, jou lover, jou sielsmaat... Hoe verlang ek nou!!

Verhoudings is nie foutloos en perfek nie, maar dis so eg, en so eerlik...

Met min woorde kan ek beskryf hoe lief ek jou het!!! Ek het jou lief sonder 'n vraagteken, ʼn komma. Ek het jou lief punt.

Met jou in my lewe, is die berge nie so styl nie.. Die pad nie so lank nie, want mens het iemand wat saam jou die pad deur huppel en dans... Ek sal jou veraltyd lief he, en ons liefde in my hart koester. Saam kan ons nader aan God beweeg en sterker groei!!

Dankie dat jy my net so lief het!! Dat jy my verstaan! LIEFDE


No comments:

Post a Comment