Tuesday 18 September 2012

Don't go there




Net soos Dr. Linde voorskryf, Dont even go there!! 

Sekere dinge kan mens net ontlaai in die blokkies van jou keybord... Soms is dit net hy wat die trane op jou vingerpunte voel, en die bewe in jou kakebeen wanneer jy moet sterk staan sodat trane nie erosie op jou wange vorm nie.

Ja dit is die vinger punte van 'n hartseer siel... Dat een persoon soveel seer in een gesin kan veroorsaak gaan my verstand te bowe, wanneer sy so onskuldig staan met arms gevou harteloos, emosieloos, en hard. Meeste van julle ken die se ding : 'n Man het 2 emosies nl honger of jimpels.... en as hy nie jimpels is nie, ai gee hom dan maar 'n broodjie.... Ek het nog nooit iemand gesien met so min emosies nie... wat lyk of sy  permanent op alzhams is, wat net een emosie toon, HARD.... Daar is geen opgewondenheid in haar oë nie, geen glimlag nie... Geen hartseer nie... net HARD... As sy in 'n radius van selfs binne my gedagtes kom kry ek 'n koue rilling.  

Daar is nie een ding op aarde wat sy nie weet nie... As jy gedink het Chuck Norris of google weet alles.... Dink weer.... Van buitelandse vakansies, enige plek op die aardbol weet sy ALLES van. Dink selfs sy was nog voor Mark Shuttleworth maan toe ook... Dan medikasie.... ooo die medikasie... Alles... Weet nie hoekom ek nog navorsing doen op dit as sy alles reeds weet nie... Dan kan sy mense se koppe ook lees... Wel behalwe my Little B... As sy maar net kon.... Sy weet alles wat binne my pa se kop aangaan... Dinge soos sy weet hy gaan nie na my trou venue wil kyk nie... En dat hy eerder alleen sal wees met sy verjaarsdag... Tweede jaar in 'n ry wat my pa haar vir sy verjaardag kry.... 

Soos die gossip loop breek my pa se kinders hom.... Maar ek kan eerlik se ons almal het haar probeer like... Ons het regtig... Al het mens soms so ontuis gevoel in haar teenwoordigheid... Ek weet nie of dit wat ek geswot het en die werklikheid iets van 2 verskillende planete is nie... Want volgens wetenskap het mens konstantes en veranderlikes... As die veranderlikes verander word en die konstante bly dieselfde in die eksperiment en die resultate bly konstant is dit die oorsaak van die resultate... So wie breek nou vir wie?? Maar dalk soos almal se het my pa sy geld gemors met my studie gelde dat ek die pot so mis sit..

Die werklikheid is nie dat ons my pa breek nie, ons het hom te lief om hom te wil breek. My pa is my hero... Ek het haar dan getolerate ter wille van hom... Ek het moeite gedoen ter wille van sy geluk!!.. Visa versa kan ek nou nie regtig se nie... Daar was altyd te min kos vir ons... (Onthou my pa het nie ‘n suinige haar op sy lyf nie). Te min kos dat sy 2l roomysbak vol kan bere en vries....Dis hoe ek in die gewoonte gekom het om maar take aways plaas toe te vat dat ons net nie weer moet spunge op my pa nie...

“Al le al le ‘n donker wolk oor die berg, weet ek die son skyn altyd helder by dad”   Dis ons liedjie vir my dad.... Maar die donker wolk het oor hom beweeg... En gaan hom nie los tot sy hom verpletter het in haar bliksemstrale en vir haar self het nie....

Die storm het reeds die kosbaarste sade om hom weggewaai, gewaai na grond wat water het, sodat die sade kon ontkiem en nuwe lewe kon vind... Ons is gesnoei deur ‘n proses van seerkry... Maar sonder daai breëblaar plantdoder kan ons weer geluk vind en die mooiste blomme groei!!

Dis hoekom ek die besluit geneem het om haar heeltemal uit my lewe te verwyder.. Sodat ek nie dag na dag afgebreek en vergiftig word nie... Maar dat ek afstand neem... En my pa se opvoeding en beginsels in my eie nuwe tuin kan uitleef!!




No comments:

Post a Comment