Tuesday 11 September 2012

Die vorming proses!!

Wel, eerstens het ek nie 'n idee hoe om te blog, en wat die nut eintlik is nie?? Maar laat ek begin... Ons word daaglik gevorm, deur positiewe en soms negatiewe ding, en dinge wat mens skaars oor praat.. Net soos mens se manier van tik... As ek bq agtergrond kan gee is my moederq maar erg oor haar spelling en sin kontekste... Ek aan die anderkant is geneties en tegnologies vervorm, soos julle kan aflei is my pa nou nie eintlik 'n man van veel woorde nie, en sy spelling sal vir die mense wat sms taal kan lees voldoende wees( In engels is dit natuurlik puik agv spell checks.. hehe...

Ek sal myself beskryf as 'n gelukkige persoon, wat haar average lewe leef..... Maar as mens dieper kyk wie leef net die norm??! Daar gebeur regtig baie dinge wat mens vorm en maak wie jy is...
Ek gaan 'n paar dingetjies noem wat ek kon onthou wat my gemaak het soos ek vandag is:  Van ek kon onthou het ek in 'n gelukkige huis groot geword waar my ouers baie lief was vir mekaar... Ek weet dit oor ek kan onthou hoe my pa agter my ma gaan staan het en met haar gepermde pony gespeel het, en altyd haar hand gevat het as hulle stap. Hoe my ma weer haar hand op haar been gesit het... Hoe ons saam vakansie gehou het en agter op die bakkie se klap gesit het en saam kyk hulle in die spieeltjie terug na ons en dan na mekaar, die kyk wat hulle vir mekaar gegee het was vol liefde. Mens kon sien hulle het gedink saam het hulle die beste kinders in die wereld gemaak, en dat dit verewig sou hou!!

Deur my kinder jare het my pa 'n plaas gekoop. Dis waar my liefde vir die plaas so groot geword het, ek het alles gehad wat my hartjie wou he.... Ouers wat mekaar lief het, suurstof wat deur mens se neus stroom, die reuk van geploegde lande, pietersielie en perde!!! Wat meer kon ek voor vra?  Ek en my pa het alleen gebly op die plaas en so het ons ook 'n baie sterk band gevorm...

Later is ek weer dorp toe daar was ek maar redelik stil rustige mens... Hart het verlang na die plaas en my perde. Toe ons uit die stad trek na 'n kleiner dorpie het ek weer mens geword. Ek het dadelik tuis gevoel en weer my mal self geword!  My ma was vir die eerste keer van ek groot geword het 'n huisvrou!! Dink dis van die gelukkigste tye in ons lewe gewees.. Die reuk van gaar middagete wat op die tafel wag. Tuisgemaakte maketaankonfyt.... Sjoe hoe mis ek dit nou.. Nie net het dit in ons huisgesin goed gegaan nie, maar dit kon mens duidelik in my akademiese prestasie sien... Ek het uitgeblink... Gelukkige gesin is direk eweredig in hulle prestasie, of dit nou in sport is of akademie is, mens doen net alles met 'n ekstra passie.. In meer as een geval het ek al waar geneem waar die gesin uit mekaar val, kry die kinders siektes wat mammas gewoonlik depressie noem , ADHD en sulke snaakse goed... En laat ek dit so stel, ek is 'n wetenskaplike ek weet daar bestaan dinge soos dit... Maar dit word veroorsaak deur : A Down Household Deamon.... Meeste gevalle is daar nie tyd om net n bond met jou kind te he nie en die regte oorsaak van die kind se "probleem" word met self diagnosering en geld opgelos!! Dit kan ek darm se... my ouers het altyd tyd vir ons gehad terwyl ek groot geword het...

Die volgende was ook 'n groot verandering en vervorming in my lewe.... My pa het een middag op die plaas aangekom en gese hy was by 'n oom wat arabiere boer.... Ek wou dadelik ook die perde gaan sien het... Na so ruk het hy eendag gevra of wil ons soentoe trek!! Ek was soooo opgewonde!! Dit is nogals 'n keuse wat ons saam as gesin gemaak het wat as ek vandag terug dink 'n kruis in pad was... Dinge kon dalk anders gewees het... Wel laat ek eers verduidelik.. Ons het toe na die plaas toe getrek, vol perde, ekt begin uithourit ry. Dis regtig my fav sport.  My klein boetie moes toe Mooirivier laerskool toe gaan....(FOUT)  en ek het kom swot op die PUKKE (yeah)... Dis waar die grootste split dink ek is tot vandag toe... As ons nie na daai plaas toe gegaan het nie, sou ek nie in 2006 by puk kon swot nie agv administratiewe hulp wat die oom saam wie my pa geboer het gehelp het nie... My boetie sou nie in die laerskool in potch gewees het nie... En die getroude vrou sou nie haar lustige kloue in my pa geanker het nie....

Die proses het ons as gesin helemal verander... Nee nie so vinnig soos wat julle dink nie, maar deur n proses van so wat 4-5 jaar!! Ja ek weet dis lank... Dit was seker van die swaerste tye wat ek al deurgemaak het.. Nie net oor my ouers nie, maar dis n tyd wat my hart paar gekeer gebreek is deur mans mensies. Ekt verkere besluite gemaak en ja gelyk soos die kinders met selfgediagnoseerde phyco siektes.... Voor ek my oe uitvee het my lewe n snaakse draai geloop en n 180 grade omkeer gemaak...

Ek het Desember 2011 die man van my lewe ontmoet, ek het die Here weer ontdek, en is op die gelukkigste tyd van my lewe!!  Daar is 2 goed wat my inspireer om die blog te skryf... Eerste een is om my geluk wat ek ervaar met julle te deel.... En ook te deel hoe ek voel oor ek weet my ouers nie die geluk in hulle harte het nie!

No comments:

Post a Comment